Boarding Facilities
Available from Grade 8
Jan Van Riebeeck High School is located in Gardens. Anders as soveel ander skole, is die ontstaan van Hoërskool Jan van Riebeeck te danke aan 'n volkstryd - 'n taalstryd geveg deur die Afrikaanssprekende volksleiers aan die begin van die twintigste eeu. Met die oorname van die Kaap deur die Engelse in die begin van die negentiende eeu, het daar in ons land 'n kultuur en taalstryd ontstaan wat ook in die onderwys weerspieël is, die stryd van die Afrikaner om behoud van sy eie taal in sy eie skool.
Die gevolge van orde 11 van 1912 (beginsel van moedertaalmedium is voorwaardelik aanvaar en C.J. Langenhoven se aandeel om Hollands met Afrikaans te vervang as voertaal in laerskole het die weg gebaan tot die ontstaan van die Hoërskool Jan van Riebeeck. In 1925 het die parlement Afrikaans as tweede amptelike landstaal aanvaar. In 1921 is Laerskool Jan van Riebeeck gestig met Afrikaans as voertaal en vyf jaar later is die Hoërskool Jan van Riebeeck onder voorsitterskap van dr. D.F. Malan op 6 Mei 1926 gestig.
Vandag analiseer die Hoërskool Jan van Riebeeck jaarliks die veranderende behoeftes van die ouers en leerders om handskoenpas-oplossings vir elke opvoedkundige behoefte te bied. Omdat ouers ons grootste vennote en leerders ons grootste bate is, strewe ons elke jaar om jou beste vennoot in onderrig en opvoeding te wees, om jou te inspireer tot hoogtes wat jou verbeelding sal aangryp en jou entoesiasties en doelgerig te laat uitsien na die res van jou lewe.
Hierdie uitnemende tradisionele Afrikaanse skool is bekend en ryk aan sy besonderse akademiese standaarde en prestasies, diversiteit en volgehoue prestasie in kultuurverenigings asook sportfasiliteite met geen gelyke wat n ongekende verskeidenheid van sportsoorte onder leerders ontwikkel. Nasorg fasiliteite word geskoei op akademiese stimulasie en verryking, asook stylvolle en goedgebalanseerde opgegradeerde koshuise teen die hange van Leeukop en in die nek van Tafelberg maak nog meer geleenthede moontlik vir jong dinamiese Jan van Riebeeckers.
Dit is ook hier waar elke leerder daagliks deel in Afrikaanse en Suid-Afrikaanse erfenis soos Die Welgemeend kultuursentrum (oudwoning van Jan Hendrik Hofmeyer) en die Boerneef versameling. Met sy leuse, Wees uself is dit die skool wat n gebalanseerde uitkyk op sosiale ontwikkeling nastreef deur die erkenning, stimulering en uitbouing van elke individu se talente, passies en drome.
Hoërskool Jan van Riebeeck is geakkrediteer as n Cambridge International School, wat beteken dat ons leerders die Cambridge A level-eksamens kan aflê.?Ons bied Wiskunde, Biologie, Fisika en Engels as n buitekurrikulêre aktiwiteit aan vir leerders wat daarvoor kwalifiseer.? Leerders begin in Junie van hulle graad 10-jaar met die AS-sillabus en voltooi hul A2-eksamen in Mei van hulle graad 12-jaar.
Die eerste groep van 8 leerders het in Junie 2018 hul AS-eksamens in Wiskunde afgelê. Die Cambridge-kwalifikasie word deur die meeste internasionale universiteite erken, sowel as deur ons plaaslike universiteite.
Benewens die vakkundige vaardighede wat leerders deur hierdie kwalifikasie opdoen, ontwikkel hulle ook ander belangrike lewensvaardighede soos selfdissipline, tydsbestuur en self-directed learning.?Hulle verlaat die skool aan die einde van hulle matriekjaar, goed voorbereid vir n lewe van studie aan enige tersiêre inrigting!
Available from Grade 8
Monday
07:30 - 16:00
Tuesday
07:30 - 16:00
Wednesday
07:30 - 16:00
Thursday
07:30 - 16:00
Friday
07:30 - 16:00
Saturday
Closed
Sunday
Closed
22/07/2026 05:50 local time
You must be logged in to post a comment.