Boarding Facilities
Available from Grade 8
Piketberg High School is located in Piketberg. Wat maak hierdie gekombineerde, trots Afrikaanse skool aan die voet van die Piketberge die leierskool in die Swartland- en Weskusomgewing?
Is dit ons ongeëwenaarde akademiese rekord? Die feit dat ons n Dinaledi fokusskool is vir uitsonderlike onderrig in wiskunde en fisiese wetenskappe? Of ons volhoubare prestasies op sport- en kultuurgebied? Ons waardes? Is dit ons voortdurende strewe na uitstekende dissipline en respek vir mekaar, vir gesag en leierskap? Ons toegewyde, goedgekwalifiseerde onderwysers? Is dit die skep van geleenthede vir al ons leerders op alle terreine?
JA! en natuurlik duisend keer JA!
Maar PHS is veel, veel meer.
Hier streef ons daarna om die unieke handelsmerk van elke kind te ontdek, te respekteer en te ontwikkel. En omdat die lewe veel groter is as die wenfaktor, is ons fokus op balans en waardering vir die feit dat ons almal uniek en verskillend is. Dat elke persoonlikheid en talent nodig is om die dinamika en groter prentjie van ons skool te vorm. Daarom skep ons hier geleentheid vir persoonlike groei. Hier luister ons na mekaar se opinies. Ons lê klem op lojaliteit, saamstaan, toewyding, respek vir die natuur en ons pragtige omgewing. Hier leer ons die kuns bemeester om met grasie te wen en met waardigheid te verloor - die moed om op te staan en weer te probeer.
Hier smee ons lewenslange vriendskappe en gee ons om vir mekaar. Hier deel ons in die vreugde van prestasie, ondersteun ons, beloon ons, moedig ons aan, berispe ons, troos ons, lag ons en deel ons die hart van die platteland met mekaar en besoekers. Hier werk ons hard, maar verskaf ons genoeg geleentheid vir speel. Hier stap die toekoms van môre nog ongekompliseerd kaalvoet rond.
By Piketberg Hoërskool is akademie en persoonlike ontwikkeling ons hoof fokuspunte en ons trots.
?PHS lewer jaarliks fantastiese matriekresultate en was die afgelope 5 jaar onder die top 10 Afrikaanse wiskundeskole in die Wes-Kaap. Ons leerders presteer ook ver bokant die provinsiale gemiddelde.
Ons onderwysers is verbind tot gehalte-onderrig, elke leerder se vordering is belangrik en ons moedig leerders aan om binne 'n gebalanseerde raamwerk geleenthede aan te gryp, akademiese doelwitte te stel en hul unieke handelsmerk te ontwikkel.
Available from Grade 8
Monday
07:30 - 16:00
Tuesday
07:30 - 16:00
Wednesday
07:30 - 16:00
Thursday
07:30 - 16:00
Friday
07:30 - 16:00
Saturday
Closed
Sunday
Closed
02/07/2026 13:36 local time
You must be logged in to post a comment.