Marais Viljoen High School rus op drie pilare, Akademie, Sport en Kultuur. Al drie aktiwiteite is vir ons ewe belangrik en word ook so hanteer.
Daarom voel ons dat elke leerder, onafhanklik van sy/haar talente, by ons gelukkig sal wees. Ondersteuning van ons sport- en kultuurspanne, is vir ons net so belangrik soos prestasie.