Hoerskool Alberton High School is located in Alberton. By Alberton Hoërskool werk ons om n gelukkige skoolgemeenskap tot betrokkenheid en sukses te motiveer met algehele onafhanklikheid en markgerigtheid as einddoel. Op Dinsdag 12 Oktober 1948 is die meubels, boeke ens. wat in gebruik was in die middelbare afdeling van die Paul Krugerskool oorgeplaas na die nuwe Junior Hoërskool te Alberton. Saam met die hoof, mnr P F Erasmus, open die skool met nog nege onderwysers/esse en 183 leerlinge.
Die skool word op 24 Februarie 1949 amptelik deur die Administrateur van Transvaal, dr. W Nicol, geopen.
In 1954 word die Junior Hoërskool n volwaardige hoër skool met tien leerlinge in standerd tien. Die eerste hoofseun en hoofdogter word ook in hierdie jaar aangewys. Verdere uitbouings aan die bestaande gebou word in 1954 gedoen en weereens in 1959 toe mnr F H Odendaal, Administrateur, die hoeksteen lê.
Latere aanbouings in 1972 word deur dr. A L Kotzee, direkteur van onderwys in Transvaal, in gebruik geneem. Vanaf 1960 tot 1975 was mnr J J le Roux hoof van die skool. Vanaf 1976 was dr P Krynauw skoolhoof en sedert Augustus 1994 het mnr H J Schoeman die leisels oorgeneem.
Monday
07:30 - 16:00
Tuesday
07:30 - 16:00
Wednesday
07:30 - 16:00
Thursday
07:30 - 16:00
Friday
07:30 - 16:00
Saturday
Closed
Sunday
Closed
22/07/2026 18:00 local time
You must be logged in to post a comment.