Hoerskool Centurion High School is located in Centurion. Hartlik welkom by die mees gevestigde en tradisieryke hoërskool in Centurion. Mag die jare wat u aan hierdie skool verbonde gaan wees, verrykend en vol vreugde wees. Saam gaan ons arbei en skaaf aan die kosbaarste kleinood in God se skeppingsplan u kind.
Hierdie skool stel hom ten doel om saam met u n volwaardige jongmens die lewe in te stuur. Hoërskool Centurion is jou skool, want jy is die skool! Gryp al die geleenthede met albei hande aan. Slegs op dié wyse kan jy jouself ontdek en ontwikkel. Terselfdertyd bou jy aan n puik skool.
Hoërskool Centurion staan bekend as die skool van uitnemendheid of dit nou verwys na top akademiese personeel of leerders se akademiese prestasies wat wye erkenning kry.
Die personeel is betrokke by verskeie akademiese liggame en ons leerders kry wyd erkenning in publikasies, kunswedstryde en in die koerante met ons gr. 12-uitslae.
Hoërskool Centurion het selfs n Ultimum Ludum trofee vir die leerders wat deur die jaar die beste akademies verbeter het.
Omdat ons n familieskool is, is ons klasse kleiner en kry leerders beslis meer kontaktyd met personeel. U kind en sy / haar akademiese vordering is ons eerste prioriteit.
Ons het ook n sterk tegniese been by die skool met vakke soos Tegniese Wiskunde, Tegniese Wetenskappe, Meganiese Tegnologie, Elektriese Tegnologie en Ingenieursgrafika en -Ontwerp.
Hoërskool Centurion se akademiese program het vir elke kind n plekkie onder die son. Word deel van die Woerie-golf.
Monday
07:30 - 16:00
Tuesday
07:30 - 16:00
Wednesday
07:30 - 16:00
Thursday
07:30 - 16:00
Friday
07:30 - 16:00
Saturday
Closed
Sunday
Closed
07/06/2026 04:37 local time
You must be logged in to post a comment.