Boarding Facilities
Available from Grade 8
Langenhoven Gimnasium High School is located in Oudtshoorn. Langenhoven Gimnasium is 'n hoërskool geleë in die volstruishoofstad van die wereld - Oudtshoorn. Hier is 'n groep dinamiese mense en gelukkige leerders.
In 1913 is die Industriële Skool deur die NG Kerk gestig met die doel om aan seuns die geleentheid te bied om hulself in n ambag te bekwaam. Nadat die Unie-Onderwysdepartement die skool in 1930 oorgeneem het, is n volwaardige handelsrigting saam met die ambagrigting ingestel. Vanaf 5 Junie 1935 staan die skool amptelik bekend as die Langenhoven Vakskool.
In 1935 is daar besluit dat die skool twee afsonderlike skole sal word. Vanaf 1 April 1936 staan die twee skole bekend as die Hoër Handelskool Langenhoven en die Ambagskool. Die Hoër Handelskool Langenhoven is eers in die Fostergebou, vanaf 1938 in n gebou langsaan en in 1971 in die nuwe skoolgebou op die hoek van Adderleystraat en Voortrekkerweg gehuisves. Die Ambagskool verhuis in 1945 na Lugskool 45, die bekende Suid-Basis, en staan van toe af bekend as die Hoër Tegniese Skool. Op 10 Augustus 1977 is die nuwe skool- en koshuisgeboue, waarin die leerders tans gehuisves word, in gebruik geneem.
Vanaf 1 Januarie 1987 verkry die Handelskool die status van n gewone hoërskool en word die naam verander na Hoërskool CJ Langenhoven.
Vanaf 1 Mei 1992 word beide skole Model C-skole en amalgameer op 1 Januarie 1993. Op 19 Januarie 1993 word die nuwe skool, Langenhoven Gimnasium, met n algemene, n handels- en n ingenieursrigting geopen.
Op hierdie wyse herhaal die geskiedenis hom dus met die hersamevoeging van die twee skole, ná n skeiding van 57 jaar.
Die hartklop van die skool en die sleutel van jou toekoms. By die skool word hoë prioriteit aan die akademie gegee. Die personeel is baie ervare en is hoogs gemotiveerd om die beste resultate te lewer. Daar word jaarliks hoogstaande prestasies gelewer. Daarvan getuig die vorige jare se uitslae en onderskeidings.
Daar word nie net aan die goeie presteerders aandag gegee nie. Alle leerlinge, veral moontlike druipelinge, ontvang spesiale aandag en hulp sodat hulle ook suksesvol kan wees in hulle studie.
Available from Grade 8
Monday
07:30 - 16:00
Tuesday
07:30 - 16:00
Wednesday
07:30 - 16:00
Thursday
07:30 - 16:00
Friday
07:30 - 16:00
Saturday
Closed
Sunday
Closed
02/07/2026 14:04 local time
You must be logged in to post a comment.