Boarding Facilities
Available from Grade 8
Hoërskool Swartland High School is located in Malmesbury. Hoërskool Swartland is n trotse skool met n roemryke verlede. Ons is n openbare skool wat daarna streef om uitmuntende onderrig en opvoeding aan sy leerders te bied. Ons streef daarna om ons leerders voor te berei vir die volwasse lewe deur te Werk en Wen.
Ons is geweldig trots en dankbaar dat ons leerders uitmuntende prestasies op akademiese gebied lewer. Wat A-gemiddeldes betref, behaal ongeveer 12% graad 12 leerders dié besonderse prestasie elke jaar. Die afgelope vyf jaar lewer ons graad 12-leerders wat in verskeie vakke as van die top-drie kandidate aangewys word.
Die slaagsyfer in die grade 8 tot 11 is gemiddeld 98.5%.
Ons oud-leerders behaal gereeld uitmuntende prestasies en word gereeld bekroon met verskillende akademiese pryse wat n bewys is van die fondament wat in die skool in elke vakgebied gelê word. Hierdie prestasies kan toegeskryf word aan gedissiplineerde leerders wat onder die toesig van n gemotiveerde en toegewyde personeel werk.
Ouers van voornemende leerders is baie welkom om hulle kinders se vakkeuse met die hoof of onderwyser-voorligter te kom bespreek. Ons bied n wye verskeidenheid van vakke aan.
Talle leerders doen ook op hul eie verskeie ander vakke, soos onder andere Kuns, Spraak en Drama, ens. Hierdie vakke word deur nabygeleë onderrigsentrums aangebied. Voorsiening word wel gemaak vir die aflê van eksamens en dié vakke word ook op die leerder se rapport aangetoon.
Gedurende die derde kwartaal voer die onderwyser-voorligter n individuele onderhoud met elke graad 9-leerder in verband met sy vakkeuse vir graad 10. Ons aanbeveling word skriftelik aan u voorgelê en u is dan welkom om dit weer eens met die voorligter te kom bespreek.
Daar word ook in die derde kwartaal n spesiale graad 9 ouervergadering belê waartydens verskeie aspekte rondom die graad 10 kursus en verdere opleiding met die ouers en leerders bespreek word.
Available from Grade 8
Monday
07:30 - 16:00
Tuesday
07:30 - 16:00
Wednesday
07:30 - 16:00
Thursday
07:30 - 16:00
Friday
07:30 - 16:00
Saturday
Closed
Sunday
Closed
14/06/2026 07:04 local time
You must be logged in to post a comment.