Boarding Facilities
Available from Grade 8
Hoerskool Schweizer Reneke High Schoolis located in Schweizer Reneke. Nadat die laerskool reeds in 1906 geopen is, was daar metteryd `n al groter wordende behoefte dat daar ook vir die seniorklasse onderrig gegee moet word. In 1916 is die nodige beskerming verkry en het die senior sekondêre fase geleidelik uitgebrei sodat daar in 1922 alreeds `n paar st. 9 -leerlinge was.Die behoefte aan `n eie hoërskool het gemaak dat in 1923 `n afvaardiging onder leiding van ds.
Eybers, vader van Elisabeth Eybers, die digteres, na die onderwysdepartement gegaan het om te versoek dat Schweizer-Reneke sy eie hoërskool kry. Daar was egter verskillende probleme wat hierdie ideaal gekniehalter het, onder andere die leerlingtal wat nie `n eie skool regverdig het nie en die vervoerprobleem, aangesien donkies destyds gebruik is.Uiteiendelik is daar besluit dat `n skoolplaas die oplossing is. Die dorpsraad het 698 ha. geskenk en in Junie 1940 is die ou seunskoshuis en huise op die perseel voltooi. Die status van die skoolplaas was egter laer as dié van `n hoërskool en baie ouers was dus ontevrede en het steeds `n hoërskool as ideaal gestel, maar dit sou `n lang gekoesterde droom bly. Nietemin is daar voort geveg vir hierdie saak.Eers in 1951 is daar toe begin met die uitgrawing van die fondamente en op 8 Januarie 1952 het 285 leerlinge onder leiding van die hoof, mnr.
Streicher en 14 onderwysers die nuwe skoolgebou betrek en is die nuwe meisieskoshuis se hoeksteen gelê. In 1957 is die nuwe seunskoshuis voltooi.Die skool het in 2010 verander na n parallelmedium skool en staan ons vandag ongeveer 400 leerders sterk.Die Hoërskool Schweizer-Reneke het dus `n lang en moeilike pad geloop om tot stand te kom. Laat ons dus waardeer wat ander se moeite tot stand gebring het en voortbou op ons skool se mooi tradisies.
Available from Grade 8
Monday
07:30 - 16:00
Tuesday
07:30 - 16:00
Wednesday
07:30 - 16:00
Thursday
07:30 - 16:00
Friday
07:30 - 16:00
Saturday
Closed
Sunday
Closed
01/07/2026 07:58 local time
You must be logged in to post a comment.