Nelspruit High School is located in Nelspruit. Hoërskool Nelspruit gaan met deernisvolle omsigtigheid om met elke kosbare kind wat deur ouers aan ons toevertrou word. Dit is inderdaad n voorreg om elke leerder se potensiaal deur middel van n toepaslik opgeleide en passievolle personeel-korps, moderne en goed-toegeruste fasiliteite, asook n weldeurdagte plan vir môre, na die beste van ons menslike vermoë te ontgin.
n Beginselvaste, gelowige en doelgerigte jongmens wat die eise van die moderne samelewing vierkantig in die oë kan kyk en met onderskeiding kan hanteer, is ons visie. Elkeen wat die reguit pad met integriteit bewandel en sinvol van dit wat NHS hom/haar bied, gebruik maak, sal uiteindelik die palmtak met trots kan dra.
Die skool se primêre doel is om geleenthede vir leerders te skep om hulle Godgegewetalente op elke terrein ten volle te ontwikkel sodat hulle ná skool as selfstandige mense die grootmenswêreld met selfvertroue en sukses kan hanteer. Die hoofklem val op akademiese ontwikkeling.n Hoë slaagsyfer en ander akademiese prestasies is die resultaat van effektiewe onderrig, sinvolle bemoeienis en konstante steun.
GRAAD 8 EN 9
Al die vakke voorgeskryf vir KABV word aangebied: Afrikaanse Huistaal, Engelse Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Sosiale Wetenskappe, Natuurwetenskappe, Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe, Tegnologie, Kuns en Kultuur en Lewensoriëntering. Siswati word as nie-eksamenvak aangebied.
GRAAD 10 TOT 12
Elke leerder het vier verpligte vakke: Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Lewensoriëntering en Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid.
Naas die verpligte vakke en een van die wiskundekeuses, soos bo genoem, moet leerders n verdere drie vakke uit die volgende kies:
Rekeningkunde, Geografie, Besigheidstudies, Gasvryheidsbestuur, Ingenieursgrafika en -Ontwerp, Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Lewenswetenskappe, Fisiese Wetenskappe, Toerisme en Ontwerp.
Monday
07:30 - 16:00
Tuesday
07:30 - 16:00
Wednesday
07:30 - 16:00
Thursday
07:30 - 16:00
Friday
07:30 - 16:00
Saturday
Closed
Sunday
Closed
10/06/2026 04:32 local time
You must be logged in to post a comment.