Laerskool Die Poort Pre-School is located in Roodeplaat. Laerskool Die Poort is 'n skool met 'n hart, en die mense wat deel is van die skool, is die hartklop daarvan! Al verander so baie dinge in die samelewing en onderwys, staan ons nie terug vir enige uitdaging daaromtrent nie. Ons prestasies en uitslae wys dat ons steeds met trots relevante en goeie onderwys verseker. Met 'n puik en ervare onderwyskorps soos ons s'n, is dit ook geen verrassing nie!
Die ontspanne, landelike atmosfeer by ons skool is deel van ons identiteit. Hierbinne kan elke kind ontwikkel en presteer tot die beste van hulle eie vermoëns. Ons weet dat 'n skool net werklik gelukkig en optimaal kan funksioneer as die ouers deel uitmaak van die suksesresep. Daarom is die hartlike en positiewe vennootskap tussen ons skool en ons ouers vir ons van allerhoogste belang. Vir ons skool is gesonde waardes prioriteit omdat dit 'n kind se toekoms rig.
Daarom is die waardes van respek, gesonde dissipline, selfdissipline, vriendelikheid, eerlikheid, opregtheid en deursettingsvermoë iets wat ons met trots uitleef en voorhou aan ons leerders. Hierdie waardes bring mee dat elke kind ook leer om trots te wees op hom- /haarself - iets wat elke leerder aanspoor om altyd in hulleself te glo en te strewe na beter. Al hierdie doelstellings kan slegs suksesvol wees as al die rolspelers dit in geloof in ons Hemelse Vader aanpak.
Hier mag ons almal nog droom, lag, huil en ons grootword geniet.
Skouer aan die wiel sal ons altyd vorentoe gaan.
Poortjieland is ons voorskoolse afdeling wat tans bestaan uit twee Gr. RR- en vier Gr. R-klasse. Die feit dat al ses onderwyseresse professioneel gekwalifiseerd is, gee elke voorskoolse kind 'n goeie voorsprong met die korrekte grondslag vir die laerskool. Poortjieland het ook 'n assistent wat daagliks spesiale werk met die kinders doen, ten einde hulle kreatiwiteit en groot motoriese vaardighede te oefen en te verbeter.
Enige kleuter wat 5 jaar oud word in die jaar van toelating word vir Gr RR toegelaat. Enige kleuter wat 6 jaar oud word in die jaar van toelating word vir Gr R toegelaat. Die leerders is welkom om in te skryf by Poortjieland en speel-speel skoolgereed te word. Ons het 'n veilige, omheinde buite-terrein waarvan Gr RR en R aparte speelterreine het.
Wat ons afdeling uniek maak, is dat Kleutergimnastiek vir Gr RR en R asook Rekenaar- en Skaakklasse vir Gr R weekliks aangebied word en dat dit ingesluit is by die skoolfondse. Hier in ons voorskoolse afdeling heers 'n heerlike, ontspanne atmosfeer.
Monday
07:30 - 16:00
Tuesday
07:30 - 16:00
Wednesday
07:30 - 16:00
Thursday
07:30 - 16:00
Friday
07:30 - 16:00
Saturday
Closed
Sunday
Closed
23/06/2026 04:52 local time
You must be logged in to post a comment.