Hoerskool Dinamika is located in Alberton. Ons primêre taak is n gesonde balans tussen uitnemende, kwaliteit akademiese onderrig, sport en kultuur ten einde die volle potensiaal van elke leerder in ons skool te ontdek en ontwikkel. Die klem is op die intellektuele, emosionele en geestelike ontwikkeling van ons leerders, binne, buite en na skool, gebaseer op gesonde en sterk waardes.
Elke leerder ervaar dat hy/sy uniek en besonder is. Ons verrig ons taak in vennootskap met ons ouergemeenskap wat aktief by ons skool betrokke is. Ouers, onderwysers en leerders behandel mekaar met wedersydse waardigheid en respek.
Ons is dinamies en Dinamies beteken om met liefde, deernis en geloof te gee en te neem sodat ons vrolik, voluit en beheersd, in die skool van 1ste keuse en hierna, kan lewe.
Ons begelei ons leerders om n persoonlike toekomsvisie te ontwikkel. Leerlinge herontdek hulself voortdurend in die akademie om hul toekomstige beroepsrigting te vind. Daarom plaas ons sterk fokus op akademie, gerugsteun deur beroepsondersteuning.
Ons skep n ruimte vir elke leerder. Ons akademiese standaarde vir die akademiese sterk leerder is n uitdaging, maar ons akademies gemiddelde leerder is ook suksesvol. Ons motiveer elke leerder tot akademiese betrokkenheid: hoë insette lei tot hoë uitsette.
Die lewe bestaan uit soveel gebrokenheid a.g.v. misdaad, verslawing, verbrokkelde verhoudings, egskeidings, finansiële probleme en dood om maar n paar voorbeelde te noem. Hierdie dinge veroorsaak geraas in n kind se lewe, wat hom of haar verhinder om normaal te funksioneer, wat nog te sê om te leer en te konsentreer. Sulke kinders ervaar n hindernis tot leer wat gewoonlik met swak gedrag gepaard gaan en deur middel van berading aangespreek moet word, anders word hulle n dissipline probleem vir hulle skool, hulle onderwysers asook medeleerlinge.
Ons skool se Skool Gebaseerde Ondersteuningspan poog om hierdie leerders individueel by te staan en op te lig, sodat hulle binne hulle moeilike omstandighede kan bly, dit positief kan beïnvloed en skool na die beste van hulle vermoë kan klaar maak. Omdat dit so n reusetaak is, word ouer-begeleidingskursusse by die skool aangebied om ouers te probeer skool t.o.v. verhoudinge, aangesien die meeste foute uit onkunde gemaak word en nie deur slegte ouers of kinders nie.
Die ander groep leerlinge wat hindernisse tot leer ervaar, is leerlinge wat n mediese of biologiese probleem het. Met hierdie leerlinge word ook gepoog om individueel na hulle spesiale behoeftes om te sien en om hulle welkom te laat voel binne hoofstroom onderwys, aangesien daar van hulle verwag word om soos enige ander kind binne n hoofstroom kommersiële wêreld te funksioneer, nadat hulle graad 12 geslaag het.
Monday
07:30 - 16:00
Tuesday
07:30 - 16:00
Wednesday
07:30 - 16:00
Thursday
07:30 - 16:00
Friday
07:30 - 16:00
Saturday
Closed
Sunday
Closed
22/07/2026 14:15 local time
You must be logged in to post a comment.