Boarding Facilities
Available from Grade 8
Hoerskool Middelburg High School is op 10 April 1918 gestig, die hoof is bygestaan deur sewe personeelede en die leerlingtal was 120. Tóé al het die vraag ontstaan oor wat die gees en rigting van die nuwe skool sou wees. Die hoof en personeel het besluit om dié skool n kweekplek van n ruim Suid-Afrikaanse gees te maak met inagneming van die eienaardige behoeftes van die land. Vandag , na amper 100 jaar kan ons steeds beaam dat dit steeds n doelstelling is om onderrig aan alle leerlinge, sonder aansien van persoon, ras of taal, te voorsien.
Die primêre strewe is steeds nie slegs eksamenresultate nie, maar wel elke kind se voorbereiding vir sy latere lewe. Jou verantwoordelikheid is besonder groot, want dis n skool met n historiese verlede. As gevolg van die oudleerlinge wat hierdie skool deur die jare en jare verlaat het, het jy kontakte dwarsoor die hele Unie en selfs daarbuite tot in die verre oorsese lande. Keer op keer ontmoet jy gesiene figure wat hul hoërskoolloopbaan hier deurloop het. Die belangstelling en die navrae, direk en indirek, is baie wyd. Maar dis n inspirasie en jy voel dis jou eerste plig om die allerbeste te probeer lewer.
Available from Grade 8
Monday
07:30 - 16:00
Tuesday
07:30 - 16:00
Wednesday
07:30 - 16:00
Thursday
07:30 - 16:00
Friday
07:30 - 16:00
Saturday
Closed
Sunday
Closed
09/06/2026 06:06 local time
You must be logged in to post a comment.